Saturday, January 19, 2008

Hier is hoe ons transport is in Manila. Ons betaal ongeveer 7.5 pesos vir so 5km. na die naaste winkel. Ons word ingeryg soos sardiens.

Hier is die kinders op pad na ons vervoer toe om na huise te gaan kyk om te huur.

Wednesday, January 09, 2008

Is julle nou al moeg gedink waar ons kon wees? Wel ek sal julle van die dink verlig. Ons was by die binnelandse sake op Brakpan om ons kinders se paspoorte te gaan haal. Dit is so interessant. Hulle paspoorte sou verval terwyl ons in die Filippyne was. Ons het een van twee opsies gehad. Ons wag tot dit verval in Manila en dan gaan ons na die Suid Afrikaanse ambasade toe om nuwe paspoorte te kry of ons kry nou al paspoorte en gebruik hulle net as die oues verval. Ons het nie geweet ons kan dit so doen nie, maar hulle het ons laat weet dit is moontlik. Nou het ons twee paspoorte vir elke kind.... Hier is 'n foto van waar ons was.

Baie geluk aan die twee wat reg geraai het.

Wednesday, January 02, 2008

Neem deel aan hierdie vraag. As julle naby ons is mag julle dalk net 'n prys wen. So hier is die vraag......

Ons was vandag (Woensdag 2 Januarie) by 'n plek waar ons moes wees voor ons kon vertrek na die Filippyne toe (dit is 'n hint op die vraag).

Nou vra jy seker hoekom die vraag. Wel dit kan ons help. Jy sien, ons kon iets vergeet het wat ons moes doen voordat ons gaan na die Filippyne en julle antwoorde kan dalk iets wees wat ons vergeet het en nog moet doen. So antwoord asseblief en sien of jy reg antwoord.

Om te antwoord, daar is 'n link "comments" onder hierdie post of brief. Click daarop en gee jou antwoord. Moenie vergeet om jou naam daarby te sit nie. As jy nie gerigistreerd is nie, en wil nie registreer nie, stuur net vir my 'n epos met jou antwoord by lerouxs@ntm.org.uk.

Liefde in Hom

Search

Google