Friday, July 21, 2006

Ons eerste jaar is verby en ons het vanaand gradeplegtigheid. Die jaar het nou tot 'n einde gekom en ons jubel in die Vader vir Sy wonderbaarlike seeninge wat Hy daagliks op ons uitstort. Die jaar was baie moeilik en hard maar ons is tot alles in staat deur Hom wat vir ons krag gee....

Dankie vir julle almal se gebede en liefde en telefoon oproepe van die laaste jaar. Moet asseblief nie ophou nie, ons het dit bittelrik nodig. Nou ja, ons het besluit in gebed deur ons aandag aan die Philipines te gee en glo ons sal daar opeindig volgende jaar. Bid asseblief saam met ons en ons sal fotos van die mense daar op ons fotos bladsy plaas. As julle meer wil uitvind van die land, e-mail ons gerus by pstudioworx@lantic.net. Ons sal so gou moontlik terug skryf.

Ons is nou op vakansie vir 'n tyd maar sal in e-mail kontak wees. Groete en baie liefde.

Search

Google