Sunday, May 11, 2008

Nuus van af die Le Roux’s
“Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.” 1 Korintiërs 12:27
Prys die Here want Hy is goed!
Dit is regtig wonderlik om op die Here te kan vertrou vir alles wat ons nodig het. Hierdie April was ons meer as ooit bewus van ons afhanklilheid op Hom en hoeveel ons kan reg kry deur Hom wat alles moontlik maak. Met ons taal leer ervaar ons baie hoë en lae punte elke week. En elke keer as ons voel ons is op ons einde is Hy altyd getrou en dra ons deur die mooilike tye. Tagalog “grammar” is mooilik en ’n mens mooit baie dink voordat jy net ’n eenvoudige sin kan sê. Ons gaan goed aan en leer baie, veral deur al die snaakse voute wat ons geneig is om te maak op hierdie stadium!





‘n Skokende ervaaring!
Om in die Filipyne te bly is nogsteeds ’n ervaaring ! Ons kry baie geleentede om te lag oor die snaaksegheid wat amper die norm is. Philip sny sy hare by ‘n ‘dodgy’ barber by ‘n ‘winkel’‘ in ‘n klein sy straat naby waar ons bly. Dit is ‘n gooie geleentyd vir taal oefen want sy Engels is baie beperk. Hierdie week het Philip meer gekry as wat hy verwag het! Die draad van die knipper moes ‘n ’earth’ lekkasie gehad het, want elke keer as dit aan Philip geraak het, het dit hom geskok! In die begin het Philip hom daarvan gesê, maar hy het net onverskooning gevra en aangegaan om sy hare te knip. So Philip het net stil gesit en gewag tot dit verby was. Beslis ‘n Skokende ervaring! Gelukkig was ons hierdie keer bewus van die maseering wat hulle die kliente gê na die tyd. Laas keer kon ek my lag nie keer nie toe hy Philip se skouers en rug begin rof maseer. Priceless!




Die ‘Pinoy’ taxi!
Na ons inkopies hierdie week het ons en die kinders ‘n taxi huis toe gevat. Toe ons wegtrek het ons gesien dat die drywer baie snaaks ry, maar ons het nie baie daaroor gedink nie want die Filipynse mense bestuur maar rof. Ons was ‘n bietjie geskok toe hy vir ons se dat dit nie net sy eerste dag was as ‘n taxi drywer nie, maar ook dat hy besig is om te leer om kar te ry! Ons was baie bly toe ons veilig by die huis aangekom het. Net in die Filipyne! Of moet ek in Tagalog sê —”Pinoy lang!”
Suid Afrikanse Ambasade Funksie
Ons mis die huis baie, so julle kan dink hoe opgewonde ons was toe die Ambasade ons nooi om “Freedom Day” te veer. ’n Geleentyd om ander Suid Afrikaners te ontmoet! Die funksie was by die “Shangri La” Hotel in Makati City. Dit is pragtig daar! Dit was ‘n formele funksie so ons moes formele kleure dra. Philip het die traditionelle “barong tagalong” gedra. (sien foto)
Ons was verbaas om te hoor dat daar net 50 Suid Afrikaners is watgerigestreed is met die Suid Afrikaanse Ambasade hier is. Ons is regtig ‘n minderheid hier!
Prys die Here dat Hy weerens ons harts begeertes gegee het. Ons het ’n wonderlike paartjie ontmoet. Hulle is ook gelowegis en ons beplan ons eerste byeenkoms al klaar! Hulle vertrek ongelukking uit die Filipyne in Augustus, maar ons sal tenminste kuier tot dan! Hulle het twee seuntjies wat omtrent ons kinders se ouderdom is, so dit sal lekker wees vir die hele familie. Dit was so lekker om ander Suid Afrikaners toe hoor was die selfde aksent as ons het. En ons het tot iemand ontmoet wat hulle eie boerewors maak!


Die kinders
Ons prys die Here dat dit goed gaan met ons almal se gesondheid. Wat ‘n verskil van Engeland af! Die kinders is almal gesond behalwe Angelique wat ‘n verskriklike hutte uitslag het. Dit is ontmoontlik om iets daar omtrent te doen want ons kan net nie van die hutte ontsnap nie.
Dit is omgeveer tussen 34 en36 grade tussen die dag en nie minder as 28 in die aand. Hierdie week het ons temperature van 38 grade gehad. Daar is baie min wat ons vir Angelique kan doen behalwe koue storte en dat sy min kleure in die huis dra. Ons het nou ’n waaier gekoop vir haar in die aand en dit gaan nou baie beter.
Valerie-Anne tel die dae af tot haar skool begin op die 9de Junie. Sy het al klaar begin met werk by die huis en geniet dit baie. Sy word nou groot!
Boeta dink nogsteeds hy is ‘n superhero. He boks, slaan en skop al sy verbeldende vreinde. Sy Engels word baie vinnig beter veral nadat hy begin het om ‘n opvoedkundige speletjie op die rekenaar te speel.
As hy ons nie verstaan as ons met hom praat dan sê hy altyd , “I don’t speak Tagalog!” al praat ons met hom in Afrikaans!
Bid asseblief vir
· Angelique’s se hutte uitslag
· Dat Valerie –Anne goed sal aanpas by haar skool
· Dat ons sal regkom met ons visums.
· Dat ons nog gemotiveerd sal bly met ons taal leer.
· Dat ons deel van ‘n gooie kerk sal word
· Dat ons gooie gesondheid sal hou.
Prys vir
· Ondersteunaars and vriende wat dit vir ons moontlik maak om hier te wees.
· Ons veiligehid op die pad
· Dat die Here vir ons versien
· Vir Valerie-Anne’s Skool
· Ons nuwe Suid Afrikaanse vriende!
· Ons 10de Huwelik herdenking die 19de May.
· Die geleentyd om Hom te kan dien in die Filipyne.
Dankie
Ons is dankbaar vir al die mense wat deel is van ons bediening. As deel van die ligaam van Christus voel ons bevooreg om mense soos u as deel van ons span te hê. Om so ver van die huis af te wees is nie altyd maklik nie, maar ons is getroos dat hy in beheer is. Terwyl ons soek om Hom in ons daaglikse lewe te verheerlik is ons gereeld herinder van die groot opoffering wat hy vir ons gemaak het. Wat ’n vooreg om hom te kan dien!
Ons sien uit om ons volgende maand in die Filipyne te spandeer. Ons kan nie wag om te sien hoe Hy ons almal gaan gebruik om Hom te verheerlik!
Salamat po!
Die le Roux’s

Search

Google