Tuesday, December 25, 2007

Ons was baie besig die laaste paar dae hier in Suid Afrika.
Ons het kerke besoek, was betrokke by twee oue tehuise, groepe bygewoon en soveel meer. Die ding wat ons die meeste besig hou is ons voorbereiding na die Filippyne. Die dae is nou so min. Ons is baie opgewonde en vertrek as die Here wil 13 Januarie om 14h30. Dit is nog net 3 weke!!!!
Ons het een bloutjie geloop. Hulle het twee weke terug by ons huis ingebreek en my laptop gesteel. Dit was bietjie van 'n terug slag. Die Here was so goed vir ons, ek het drie dae voor dit 'n backup van my rekenaar gemaak so ek het geen inligting verloor nie, prys Hom daarvoor. Hy sorg nogsteeds vir ons ten midde van wat in hierdie wereld gebeur. Hy laat ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet en hoe kan ons betwyfel oor hoe Hy Sy besluite maak...

Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weƫ!
Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
Rom 11:35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dit is so lekker om op Hom te vertrou en te weet Hy doen voorspraak vir ons!!!

Kersfees was ook sommer baie lekker. Ons was die dag by my sussie en het lekker geeet. Ek moes opgaar want ons weet nie of die Filippyne sulke lekker kos het soos SA nie!! Ons sal maar moet sien.

Ons het baie nuwe vriende gemaak in ons onderskeie kerke en gaan soveel mense so baie mis. Dit gaan 'n lang vier jaar wees maar as die Here wil sien ons mekaar weer binnekort. As julle in die omtrek is op 13 Januarie, ons vertrek vanaf Johannesburg internationaal om 14:30 met Emirates. Ons vlug nommer is EK762. Kom loer in en pik 'n traan saam met ons.

Dankie vir al julle ondersteuning en gebede, ons waardeer dit regtig en het dit baie nodig.

Monday, September 17, 2007

Ons eerste paar weke in Suid Afrika:
Ons het in getrek in die pastorie. Dit is nou die pastroie van die NG kerk van Brenthurst. Hulle het ons die huis gegee om n te bly en betaal selfs die water en ligte vir ons. Die huis is verskriklik groot. Ons verdwaal amper in die huis. Die kinders geniet verskriklik baie die buite speel want daar is 'n groot erf.
Ons het die voertuig gekry by 'n baie gawe tannie. Sy leen vir ons die voertuig tot ons Filipyne toe gaan. Dit is 'n 1.6 nissan sentra en die kar ry sommer baie lekker.
Ek ly 'n groepie jeug elke Woensdag aand met 'n jeug koffie kroeg en ek is besig met "firm foundations creation to Christ". Ek vertaal elke week se stukkie in afrikaans so ek sal binnekort as alles goed verloop sommer 'n hele paar lesse al in afrikaans he.
Vina doen soms die kleintjies se groepie as Elaine haar vra.
Vina gesels 'n hond uit 'n bos uit elke nou en dan met vroue byeenkomste. Sy geniet die verskriklik en kom nou al goed reg met die afrikaans. Haar afrikaans is besig om baie te verbeter.
Ons is betrokke by klein groepies met 40 dae. Ons altwee is betrokke by Gold Reef ouetehuis en Vina is betrokke by Brenthurst gemeente.

Nou ja dit is min of meer waarmee on sons besig hou die laaste paar dae. Laat weet ons wat julle doen sodat ons vir julle kan bid.

Wednesday, August 29, 2007

Hier is ons eerste brief vandat ons terug is in Suid Afrika en ek is seker dat julle nou se “uiteindelik!” Ons is jammer dit het so lank geneem maar soos hulle se liewers te laat as nooit. Ons was net baie besig vandat ons terug gekom het dat ons nie tyd gehad het nie. Ons voete het nog net skaars grond gevat vandat ons terug is in SA. Nou ja, ons is weer bietjie terug in die loop van sake hier in SA. Ons het so bietjie kultuur skok gehad maar is darem weer oor die ergste.

Ons Planne:

Ons wil soveel groepe, kerke en groepe sien as moontlik. Ons wil graag getuig wat God in ons lewens gedoen het gedurende hierdie laaste twee jaar. Ons wil ook graarg NTM aan mense bekend stel en sodoende ander uit te daag om te gaan vir opleiding en oms sendelinge te word. As julle weet van iemand wat graag wil he ons moet by hulle groepe, hetsy bybelstudie groepe of ander groepe wil kom praat. Ons is ywerig om te kan deel.

Een van ons belangrikste dinge wat ons moet doen is om ons finansies en ondersteuning te vergroot sodat ons kan uitgaan. Die datum van ons vertrek hang maar grootendeels af van hoe vinnig ons ondersteuning kan inkom.

Ons beoog as alles goed gaan om November te vertrek na die Filippyne toe. Ons sal eers gaan tot op Manila wat die hoofstad is waar ons die taal en kulturr sal aanleer. Ons sal ’n woning moet huur vir die verloop van die tyd wat enige iets van 1 jaar tot 18 maande kan wees.

Ons het nog regtig nie tyd gehad vir wegkom net om bietjie te rus vandat ons terug is in SA nie. Ons sal graag net vir so week kan weg kom. My suster Jolanda het gese sy sal na die kinders kyk terwyl ons vir so paar dae kan weg gaan.

Ons gaan binnekort begin met die 40 dae doelgerigte lewe wat hier in Brakpan afskop. Ons gaan inval by Gold Reef ouetehuis.

Ons het verlede Sondag in Dalview gemeente NG kerk gepraat. Ons het die hele diens gehad en ek dink dit het baie goed gegaan. Ons het ook ’n uitstallings tafel gehad en baie mense het van die litteratuur geneem van NTM.

Ek het ook betrokke geraak by die koffie kroeg van Brenthurst kerk se jeug. Dit is vir my iets nuut want ek voel ek is nie een van die bestes as dit kom by kinders nie maar ek weet dat ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dit is tog ons swakhede wat Hy gebruik om Sy naam groot te maak. Ons moet maar net bereid wees en gehoorsaam wees.

Ons gaan ook betrokke raak elke Dinsdag by ‘n gebedsgroepie in Brenthurst. Hulle het ons genooi en is baie lekker ook om saam met hulle bietjie in die Woord te deel en net saam te kan bid. Ons geniet hulle geselsies.

Die kinders:

Hulle al drie is redelik siek op hierdie oomblik. Vina was ook siek die laaste paar dae en sy voel nou al bietjie beter. Ons is nog nie seker presies wat fout is nie maar ons dink dit is maar ’n maag virus. Bid asseblief saam met ons dat hulle ook somer gou gesond sal word. Hulle kry baie geskenkies en sienende dat hulle baie van hulle speelgoed moes agter los is ons dankbaar vir die geskenkies. Dit is soms maar moeilik vir hulle ook om so baie rond te trek en nuwe maatjies moet maak. Hulle cope baie goed darem op die oomblik en pas baie goed aan. Almal is baie sensitief met hulle en sit hulle nie te veel in die spot light nie. Dit kan party keer te veel raak vir hulle as mense dit doen.

Search

Google