Tuesday, December 25, 2007

Ons was baie besig die laaste paar dae hier in Suid Afrika.
Ons het kerke besoek, was betrokke by twee oue tehuise, groepe bygewoon en soveel meer. Die ding wat ons die meeste besig hou is ons voorbereiding na die Filippyne. Die dae is nou so min. Ons is baie opgewonde en vertrek as die Here wil 13 Januarie om 14h30. Dit is nog net 3 weke!!!!
Ons het een bloutjie geloop. Hulle het twee weke terug by ons huis ingebreek en my laptop gesteel. Dit was bietjie van 'n terug slag. Die Here was so goed vir ons, ek het drie dae voor dit 'n backup van my rekenaar gemaak so ek het geen inligting verloor nie, prys Hom daarvoor. Hy sorg nogsteeds vir ons ten midde van wat in hierdie wereld gebeur. Hy laat ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet en hoe kan ons betwyfel oor hoe Hy Sy besluite maak...

Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weƫ!
Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
Rom 11:35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dit is so lekker om op Hom te vertrou en te weet Hy doen voorspraak vir ons!!!

Kersfees was ook sommer baie lekker. Ons was die dag by my sussie en het lekker geeet. Ek moes opgaar want ons weet nie of die Filippyne sulke lekker kos het soos SA nie!! Ons sal maar moet sien.

Ons het baie nuwe vriende gemaak in ons onderskeie kerke en gaan soveel mense so baie mis. Dit gaan 'n lang vier jaar wees maar as die Here wil sien ons mekaar weer binnekort. As julle in die omtrek is op 13 Januarie, ons vertrek vanaf Johannesburg internationaal om 14:30 met Emirates. Ons vlug nommer is EK762. Kom loer in en pik 'n traan saam met ons.

Dankie vir al julle ondersteuning en gebede, ons waardeer dit regtig en het dit baie nodig.

Search

Google