Monday, September 25, 2006

Terug van Woodlands af....

Dit was nou 'n lekker tyd gewees. Hulle noem dit Survival maar ons noem dit vakansie. Die Europeers is nie gewoond aan kamp nie en vir die meeste van hulle was dit regtig baie moeilik. Ek het so baie geeet en het niks skottelgoed gedoen nie. Die vrouens wou dit doen want ons het al die kos saam met ons bagasie gedra. Die hike was so uur gewees en dit was glad nie ver nie so dit was vir ons 'n goeie trade gewees. Ons het 'n hoender geslag en ek kon nie glo nie een van hulle het geweet om die hoender skoon te maak nie. Die ou wat die kursus aanbied het my genooi die laaste aand vir koffie en gevra of ek nie vir hom kan kom werk nie. Ek sal tien teen een vir hom gaan werk gedurende die Desember vakansie vir ekstra geld. Ek was net bly om Vina en die kinders weer te sien na die vier dae. Ek sit fotos op fie fotos link. Dankie vir julle gebede en ek het dit regtig geniet.

Friday, September 01, 2006

Ons is weer terug na lekker 5 weke se kuier in Suid Afrika. Ons was baie geseen deur met oor die twintig predikante te kon praat van NTM. Dankie aan almal wat deel gehad het aan ons kuier en die tyd vir ons so lekker gemaak het. Ons is ook bly om weer terug te wees by die huis. Die reis het goed afgeloop sonder enige probleme. Ons kursus begin weer 5 September en ons sien baie uit daarna. Seen vir julle almal en geniet die res van die jaar.

Search

Google