Monday, November 13, 2006

Vandag was 'n redelike hartseer dag want Vina se pa is vandag begrawe. Ons glo hy is saam met die Here vandag en vind troos in Hom. Hy se in Sy woord verbly julle in die Here en ons moet altyd bly wees in Hom. As Hy se ons moet dit doen dan is dit moontlik. Dit is nie altyd baie maklik nie maar dit is moontlik en ons sal daaraan ons gedagtes rig.
Die kursus is so interessant hierdie jaar en daar is soveel praktiese klasse. Ons is tans besig met medies en phoneticsw waar ons die internasional phonetiese alfabet leer. Ons afrikaans seprekendes sukkel baie met die i en e klanke want dit is noe dieselfde as die phonetiese klanke nie.
Medies is redelik maklik want ek het alles al gedoen in die weermag en die polisie (uiteindelik weet ek hoekom die Here my laat SAPS toe gegaan het) net 'n grappie.... maar het dit daar gedoen. Ek vind ook dat SA mense is meer bloot gestel aan medies as Europa. Ek dink ons weer het baie daarmee te doen en dat as gevolg daarvan ons meer siektes het in SA.
Ons geniet elke oomblik die kursus en is dankbaar vir die voorreg om hier te wees en die Here te dien.

Search

Google