Monday, April 24, 2006

Ons is baie dankbaar vir my ma Sarie wat so mooi na Vina se pa gekyk het en soms moeilike tye deur is en is dankbaar dat die Here haar ook so kon gebruik het. Ons het nuus ontvang dat dit nie goed gaan met Vina se pa se gesondheid nie en one het gebid die laaste tyd alleen en saam met vriende hier en mense by die huis het ook gebid en prys die Here, deur 'n vriend in Brakpan wat die Here gelei het, het Vina se Pa gister vanoggend om 10h00 ons Here Jesus Christus aangeneem as sy Saligmaker en Verlosser. Prys die Here vir Sy genade met Vina se pa. Dit is weereens 'n bewys dat ons kan met wat ons verlede ookal is na God toe gaan en deur Sy Seun het ons die opsatnding ontvang saam met Hom. Dankie Here, Here!!!!!

Saturday, April 22, 2006

Ons het aan die einde van nog twee kwartale gekom en ons vakansie is ook nou klaar. Ons begin more met die laaste twee kwartale en daar is baie werk wat voorle. Ons het die hele boek Philippians om te memoriseer. Ons het klomp vakke om nog klaar te maak voor die einde van die jaar. Ons is so opgewonde om die jaar klaar te maak sodat ons kan begin met die laaste jaar sodat ons op die veld kan kom. Ons sal eers SA toe moet gaan voor dit om ondersteuning te gaan kry sodat dit vir ons moontlik gaan wees om veld toe te gaan. Dit is net so belangrik hierdie twee jaar en ons sien elke dag hoe die Here met ons werk en ons gebruik en slyp, dit is net ons menslikheid wat nie kan wag om met die werk in die veld te begin nie. Ons het die vakansie by die "huis" gebly en saam met ons SA vriende hier spandeer en vleis gebraai. Dit raak nou laat donker en is bietjie warmer as gewoonlik. Dit is nou so 7 grade celcius in die dag.Liefde aan julle almal en dankie vir die ondersteuning en e-mails wat ons ontvang. Hier is ons e-mail weer ... philip_leroux@ntm.org.uk en vina_leroux@ntm.org.uk.
Ons is so bevoorreg om vriende van SA te ontmoet het hier in Engeland. Hulle het so 4 jaar gelede geimigreer hiernatoe. Berto is 'n tandarts en sy vrou Charmaine met hulle twee kinders. Sy het ons geneem na 'n animal farm genoem Rand Park farm so 40km van ons af. Dit was bietjie duurder as wat ons in SA sal betaal om na diere te kyk maar hier is hulle dit nie so gewoond nie. Die kinders het dit verskriklik baie geniet. Meer fotos van dit op ons Photos web bladsy. Tot Boeta het trampoline gespring. Ek dink dit was hulle lekkerste dag gewees hier in die UK. Nou ja ons is net dankbaar vir mense soos Berto en Charmaine wat ons paaie gekruis het en ek sien nog vele braais by hulle!!!

Search

Google