Friday, September 01, 2006

Ons is weer terug na lekker 5 weke se kuier in Suid Afrika. Ons was baie geseen deur met oor die twintig predikante te kon praat van NTM. Dankie aan almal wat deel gehad het aan ons kuier en die tyd vir ons so lekker gemaak het. Ons is ook bly om weer terug te wees by die huis. Die reis het goed afgeloop sonder enige probleme. Ons kursus begin weer 5 September en ons sien baie uit daarna. Seen vir julle almal en geniet die res van die jaar.

No comments:

Search

Google